Reg en Onreg – regspraak aan die Kaap
Mens wonder hoekom ’n boek soos Reg en onreg: Kaapse regspraak in die 18de eeu so moeilik is om in die hande te kry? Navorsers vind Reg en onreg uiters waardevol en dis waarom die Argief hierdie boek in sy naslaanbiblioteek opgeneem het – waar dit soveel gebruik is dat dit aan flarde was en onwederregtelik deur die argivarisse gefotostateer is sodat die enigste gerukte eksemplaar darem behoue kan bly. Via Ancestry24.com kan lesers nou dié probleem systap.
Genealoë en historici ken Hans Heese as oud-akademikus, skrywer en gewaardeerde spreker by geleenthede soos kultuurhistoriese konferensies. Hopelik sal sy werk voortaan deur Ancestry24.com aan veel meer lesers bekend word. Om meer oor hom te wete te kom, kan die webwerf StellenboschWriters.com besoek word.
Reg en onreg het in 1994 verskyn en is steeds myns insiens die beste bron aangaande die betrokke onderwerp, veral omdat dit so maklik lees. Heese noem in die eerste hoofstuk nog bronne, waardeur die belangstellende sy/haar kennis kan verbrei – so kan ’n redelik volledige beeld van die tydsgees destyds, nie net plaaslik nie, maar ook in Europa verkry word. Die belangrikste bydrae van dié boek is juis die kontekstualisering waarsonder geen werklike begrip van die (vir ons) wrede wêreld en krasse waardes van weleer moontlik is nie. Hierdie werk is ’n uitstaande navorsingsbron vir enigiemand wat belangstel in ons vroeë geskiedenis – nie net die regsgeskiedenis nie. Heese bespreek die verskillende groepe: die Europeërs, inheemse mense én die slawe om die beurt. Kulturele verskille word dus in ag geneem.
Reg en onreg begin as volg: “Die totstandkoming van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) se nedersetting aan die Kaap op 6 April 1652 het beslag gegee aan die Kaapse regstelsel wat op die Romeins-Hollandse reg berus het.” Hierdie stelling is gelaai met betekenis wat vandag dalk meer as ooit tevore in ons samelewing weerklank vind.
Soos toe dit aanvanklik hier toegepas is, ook so veroorsaak hierdie eeue-oue kode wrywing met selfs veel ouer riglyne wat hier, in die Wieg van die Mensdom onstaan het.
Dr. Francois P. Verster, Argivaris van Naspers, voorheen verbonde aan Die Kaapse Argief (1991 – 2007).
Druk hier om die boek te koop.
Lys van name opgeneem in die boek
CATHARINA RADJAB, AARON, ABANDI, ABDUL, ABEL, ABEL , ABES, ABRAHAM, ABRAHAM DE VRIES ABSALON, ACHILLES, ADAM,
ADOLPH, ADONIS, ADRIAAN, AKIR, ALEXANDER, ALIE, ALTING, ALY, AMARANTIA, AMIL, AMSTERDAM, ANDRANARIE ANDRIES, ANNA,
ANTONY, APOL, APPOLLOS, APPOLONIA, Appolonia na die Roggeveld APRIL, AREND, ARY, AUGUST, AUGUST(TUS) AUGUSTUS, AUGUSTUS
MATTHYS S BAAR, BAATJOE, BAATJOE , BACHUS , BACKER, , BANDAAR, BAPPANG, BARBIER, BARDYK, BARENDS, BARKAT, BARON,
BASTIAAN, BATJAM, BATJOU, BAUER, BEKKER, BENJAMEN, BERGMAN, BERLOCHER, BERNARD, BERRY, BESTER, BOEGIES, BOEK, BOELANG,
BOER, BOERY, BOMB, BONHEUR, BONTE, BOOSE, BORCHARD, BORST, BOSCH, BOSMAN, BOTHA, BOTMA, BRAHIM, BRASMAN, BREIN, BRITS,
BROEK, BRONKHORST BULOU, CAATJE, CADERE, CAESAR, CALMER, CAMMOENIE, CANIS, CARDOES, CAREL, CAREL HARDENBERG CARELSZ,
CAROLUS, CARRE TOOYEENG CASPER, CASSEL, CASSIEM, CASTOR, CATJANG, CATRYN CERES, CHARLES, CHARON, CHIEN, CHIOE AHOEKO
CHRISTINA , CICERO, CLAAS, CLAAS SWART CLEY, CLORINDA, COBO, COBUS ANTHONY COELMEYER , COLON, COOPMAN, CORIDON,
CORNELIS, CORNELISZ, COUPEEN, CRAMER, CROES, CROON, CUPIDO, D’AUTROPON , DALLA, DAM, DAMON, DANIEL, DANIEL DIKKOP
DARIUS, DARPOET, DATHAN, DAVID, DAVID PAARDEWAGTER DE BAARSTEKER DE BACKER, DE BEYER, DE BRUYN, DE BYL, DE HAAN, DE
KEMP, DE LANGE, DE LIGT , DE NECKER, DE RUYTER, DE THUILET , DE VERNEUIL , DE VOGEL, DESEMBER, DEYKE, DIANA, DIAS,
DIEDERICKS , DINA, DIRK, DIRKS, DIRKSE, DJANG MARRAWANG DOMINGO, DOOGE, DOULAT, DOUWES, DRAGONDER, DU PREEZ, DU TOIT,
EDEMAN, EEN JAAR, EENVELD, EGBERTSZ, EKHART, ELBERTSZ, ELGENHUYSEN ELIAS, ENGELBRECHT ENOEN, ERFF, ESAU, ESIAS, EVA,
EVERT, FABIE, FABRIEK, FEBERS, FEBRUARY, FELIX, FLORA, FLORIS, FORSTER, FORTUIN, FRANCIS, FRANCISCUS XAVERIUS FRANS,
FREDERIK, FRITS, FUYK, GABRIEL, GALANT, GAPPA, GEDULD, GERBENS, GERRIT MARTINUS GERRIT SLINGER , GERRRIT, GILLES,
GLAUDE, GOLIATH, GREE, GREENEKE, GRIET, GROBBELAAR GROEVENSDORP GRYS, GUSSER, HAGELSTEYN , HANIBAL, HANNES, HANSZ,
HARLEKYN, HARMENSZ, HARTEBEES, HAVERSACK, HEBBELET, HECTOR, HEINRICH, HELENA (JACOB, HENDRIK, HENDRIK UITHAALDER
HENDRIKSZ, HENKEL, HERCULES, HERDA, HERMANUS WINDVOGEL HERNANDEZ, HERTEL, HEYMERS, HOEKENER, HOEMAR, HOMPIDOM, HONTUM,
HOOP, HOORNEST, HOOYBERGEN HORAK, HORSON, HOUTUM, HUMMEL, IMMAMOEDIE , ISAAC, ISAAC , ISAACS, JACOB, JACOB , JACOB (JAN
DE SMID) JACOB PIETERSZ VAN VLIET JALANIE, JAMBOE JAN, JAN , JAN CLAASZ , JAN COURTE JAN PLOT, JAN ROSCAM , JANAL,
JANALI , JANNETJE, JANNETJE , JANSEN, JANSZ, JANSZ , JANTJE, JANTJE BOOY JANTJE REEBOK JANUARY, JANUARY JASMYN,
JASON, JAVA, JEK, JEPHTA, JOACHIM, JOASA JOB, JOCHEM, JOERBATTOE , JOERMOEDIE , JONAS, JORDAAN, JORIS, JOSEPH, JOUDAN
TAPPA JOUMATH, JULIANA, JULY, JULY , JUNIE, JURIE, KAAL, KAATJE, KALDE, KALKOEN , KASJE, KEES, KERMIS, KETTENAAR ,
KEYSER, KIEGEL, KISOE, KLEYN DIRK , KLEYN JANTJE LINKS KLEYNBOOY, KLINGENSPOOR HendrikKNEPPEL, KNIEST, KNOCH, KNOETZE,
KOEKIEKO , KREHAAN, KRENSKER, KROON, KRUGER, KUHLWYN, KUNE, LA FLEUR, LA MOER, LADOE, LAKEMAN, LANTIEP, LEANDER,
LEANDER CORIDONS LENSTED, LEONARD, LEYDENBERG LI TSJOEKO , LIMOEN, LIMOEYKO, LINDOR, LITJONG, LOEKERMANS LOUIS,
LUBBERTS, LUCAS, LUTKE, LUTTIE, LUYSSERT, MAART, MACHIENGA, MADEE, MAGERMAN JAGER, MALAN, MANSHART, MANUEL, MANUS,
MARCUS, MARIA, MARIE, MARIE MARNEWECK, MARTIN, MARTIN BLAAUW MARTINUS, MATTHYS, MATTHYS CAFFER, MATTOMBO, MAY, MENTOR,
MERCUUR, MEVER, MEY, MEY , MEYBOOM, MEYER, MEYN, MICHEL, MIETA, MIETJE, MISSIEUX, MODESTE, MOESEMAKER MOLLERSTROM MOSES,
MOUTA, MOUTON, MULLER, NELLE, NEPTUNUS, NOVEMBER, OCTOBER, OCTOBER , OEMAR, OENSIEN, OENSIEN PARNAK, OERSON, OMBO,
ONTONG, ONTONG ( ONVERWACHT OOMS, ORANJE, OTTERMAN, OUDE JANTJE LINKS PADANG, PAGALET, PAGIE, PAMPOEN, PANNOVAR, PANYN,
PAPPAAY, PARADYS, PARIS, PARKAT, PARLA, PATER, PATIENTIE, PATIENTIE , PAUL, PEDRI, PEDRO, PEDRO (PERO) PEERBOOM,
PELLICORN, PELTJES, PERMA (PERRA) PERONDE, PETRUS, PEUGEL, PHILANDER, PHILANDER , PHILIP, PHOENIX, PICK, PIERMAN, PIET,
PIETER, PIETERSZ, PIKEUR, PIKKARDT, PIPER, PLATJE, PLATJE THIELEMAN PLOOS, PLUTO, POASSE, POLACK, POMADE, PONFET, PONTO,
POTMANS, POTMEYER, PRIMO, PRINSLOO, PUNTER, PUTZER, RACHEL, RADJA BOEKIT RALENBEECK RAM, RAMMY, RAUTENBACH REBECCA,
REGINA, REGINA ELIZABETH REGTER, RIEBES, RINGE, ROBA, ROBBERT, ROBO, ROEDOLPH, ROELOFSZ, RONSOY, ROOY MEY, ROS, ROSA,
ROSBACH, ROSETTA, ROSIER, RUYTER, RYKERS, SACODIEN, SAID, SALAMAT, SALAOOS, SALEE, SALOMON, SAMBO, SAMMA, SAMSON,
SANTICO, Santiko SAPTERI, SARA, SARA(H), SARIPA, SATO, SATOE, SATUR, SAUL, SAX, SAYD, SCHAMBACH, SCHEEL, SCHEEPERS,
SCHEFFELAAR SCHEFFENAAR SCHEFFER, SCHEIR, SCHELLINGER SCHLENDER, SCHOLTS, SCHREUDER, SCHUTSE, SCHWARTZ, SCIPIO, SCIPIO
SEPTEMBER, SERPINA, SESSIE, SEYFFERT, SIADENGE, SIBELLA, SILA, SILLA, SIMANDAUW, SIMON, SIMONS, SIMONSZ, SIRMAN,
SITTOUW, SLAMAT, SLEEMAN, SLEY, SMIT, SNEL, SOLON, SOPHIA WILHELMINA SPADILJE, SPADILLE, SPANJER, SPEYER, SPOGTER,
SPOORHAAN, SPRINGVELD , SPRINGVLIET STANG, STEFFENS, STOFFEL, STRAATHOF, STROENSEE, SULPHER, SYLVIA, TALIMA, TALLARD,
TALLONE, TALYASCO, TAMTANKO, TANTANKO, TANTJANKO, TAPMEYER, TELEMACHUS TELEMACHUS TEN PAS, THE HAUWKO THEEPESIO,
THEUNISSE, THOMAS, THOMAS DE CRUZ THOOLE, THYS, TIMA, TIO TJANKO , TISAMPARE, TISCHAAR, TITUS, TJAMPAAY, TOASA TOECOEBA,
TOONTJE, TROMP , TRYNTJE, TSO TOKO, TSOA TSAYKO Chinees, TUYTANG, VALENTYN, VALENTYN , VALREEP, VAN BRAKEL ,
VAN DEN ABELE VAN DEN BOS VAN DEN BOSCH C VAN DER EEM VAN DER HEYDE VAN DER KLUGT VAN DER LYN , VAN DER SCHELLINGH VAN
DER SCHYF VAN DER TOEK VAN EEDEN , VAN EYK, VAN HEESEL , VAN HEUSDEN VAN JAARSVELD VAN KAMER, VAN LIER, VAN NIEKERK VAN
SCHEIBEN VAN STADEN , VAN WESEL, VAN WYK , VAN ZYL, VAN ZYL , VARKEN, VENTER, VENUS, VERWEY, VIGELAAR, VLEESHOUWER
VORESTI, VOS, VRIES, WAGENAAR, WAGTENDORP WALLEEN, WASSANDRYN WELBOOM , WELKOM, WELSING, WEMMER , WENDSCHOE, WERNER,
WEYTSZ, WIEDEMAN, WIEGELS, WILLEM, WILLEM , WILLEM COURAGIE WILLEM MEY , WILLEM PAPE WILLEM STROO WILTSCHUT, WINTER,
WITBOOY, WOERY WOGGE, ZALLA ZEELAND, ZOEN