or
* No registration is required.

Oor die dogters van Eva

15 Generasies Mitochondriale DNA

Eva / Krotoa van die Kaap

Die publikasie van Dalene Matthee se Pieternella van die Kaap [1] en Dan Sleigh se Eilande [2] het wye publisiteit verleen aan die lotgevalle van Petronella en haar ma Eva/Krotoa, Jan van Riebeeck se pleegdogter en hottentoose tolckinne . Eva/Krotoa was lid van die Khoi-stam genaamd die Goringhaicona (of sg. Strandlopers), die eerste inheemse mense wat Jan van Riebeeck aan die Kaap teëgekom het. Wat minder bekend is, is dat baie Suid-Afrikaners van Petronella afstam, insluitend bekende genealoë soos Mansell Upham en Hans Heese [3] en ekself ook.

Kry nou jou DNA toets

Gedurende die opstelling van my kwartierstaat [4] het dit my opgeval dat my oor-oupagrootjie, Dirk Jacobus van Schalkwyk [5] (my Kekulé-nommer 49 [6]) se matriargale lyn van sy moeder Hilletje Smit (my Kekulé-nommer 99) direk gaan tot by Eva/Krotoa (my Kekulé-nommer 3199).

Daar het ook onlangs ‘n groot aantal publikasies verskyn [7] oor die rol van DNA-navorsing, veral die studie van mitochondriale DNA (mtDNA), in die bestudering van die moderne mens se herkoms.

In die lig van bostaande het ek besluit om te probeer om die matriargale afstammingslyn van Eva/Krotoa tot tans lewende vroue te probeer navolg. Die eerste sewe geslagte het ek gelukkig toe reeds tot my beskikking gehad. Dat ek dan hiper-polities-korrek sal wees as ek gelyktydig ‘n hou kan inkry teen rassisme én manlike chauvinisme was ‘n verdere aansporing!

Ten spyte van die groot aantal doodloopstrate waarin ek onvermydelik beland het, deur onvoldoende inligting in sterfkenisse en kerkregisters en die (skynbare of ware) uitsterwing van die vroulike lyn, het ek goeie vordering gemaak vir nog vier geslagte totdat ek my vasgeloop het in ‘n muur met die familie Ehlers/Eelders.

Toevallig blaai ek eendag in die boek [8] van Nico Walters, my oud-kollega en medelid van die Wes-Kaapse tak van die GGSA en merk op dat daarin ook Ehlerse voorkom. Toe ons op die saak ingaan, vind ons uit dat die persone na wie ek soek, onder sy oumagrootjie se nageslag val. (In sy eie tak het die vroulike Eva/Krotoa-lyn uitgesterf.) Gevolglik kon ek die ontbrekende skakels vind tot by lewende persone.

Hierdie matriargale lyn vanaf Eva/Krotoa tot tans oorlewendes verloop as volg:

Generasie I (Kekulé-nommers)

32767 Eva/Krotoa GORINGHAICONA *1643 x 02-05-1664
32766 Pieter van MEERHOFF *1637, aankoms 22/03/1659 vanaf Kopenhagen Denemarke

Generasie II

16383 Petronella van MEERHOFF x
16382 Daniël ZAAIJMAN vanaf Vlissingen Nederland, van Mauritius na die Kaap in 1705

Generasie III

8191 Magdalena ZAAIJMAN x
8190 Johannes BOCKELBERG *1668, † 1709, aankoms 1705 vanaf Kolberg Duitsland via Mauritius

Generasie IV

4095 Petronella BOCKELBERG *1698 Mauritius x 04/09/1712
4094 Coenraad Hendrik FEYT aankoms 1708 vanaf Alverdissen Duitsland

Generasie V

2047 Anna Catharina FEYT ~05/08/1714.x 14/01/1731
2046 Nicolaas LOUBSER ~05/07/1717

Generasie VI

1023 Maria Johanna LOUBSER ~11/04/1734 x
1022 François SMIT ~17/04/1729

Generasie VII

511 Hilletje (Helena) SMIT ˜ 04/06/1758, † 1816? x 09/02/1777
510 Gerrit (Dirkse) van SCHALKWYK ,~03/07/1744 Kaapstad +1806.

Generasie VIII

255 Maria Jacomina van SCHALKWYK *23/12/1777, ˜ 03/05/1778, Swartland x 13/11/1797
254 Johan Daniël EHLERS/EELDERS ˜ 04/09/1768.

Generasie IX

127 Petronella Elizabeth EHLERS/EELDERS ˜ 25/10/1807 x 8/04/1830
126 Christian STADLER ˜ 13/11/1803.

Generasie X

63 Maria Jacomina STADLER *02/07/1831, ˜ 23/10/1831 Kaapstad (Luthers), † 1908 x 04-04-1853
62 Johannes Jacobus van TUBBERGH *01/08/1817, † 1887.

Generasie XI

31 Petronella Elizabeth van TUBBERGH *19/02/1855 x
30 Andries Johannes EELDERS/EHLERS *13/04/1842 Malmesbury, ˜ 16/11/1845 Swartland, † 12/03/1929.

Generasie XII

15 Hilda Jacomina Gerrendina EELDERS/EHLERS *15/06/1876 x
14 Andries Johannes LAUBSCHER .

Generasie XIII

7 Petronella Elizabeth LAUBSCHER *16.07.1906 † 22.06.1991 x
6 Abraham Andries TRUTER *09.11.1902 †20.08.1961

Generasie XIV

3a Hilda Jacomina Gerrendina TRUTER *16-07-1933 Hermon
3b Engela Elizabeth Johanna (Ela) TRUTER verpleegster/sekretaresse, *17/10/1935 Hermon x
2b Stanley Peter COCKRELL verteenwoordiger, *Kaapstad.
3c Petronella Elizabeth TRUTER *13-02-1950 Wellington x
2c Hendrik Petrus Lodewyk MEYER *26.06.1943

Generasie XV

1b Lizette Rose COCKRELL verpleegster, * 23-09-1961 Pinelands, d.v. Stanley Peter COCKRELL en Engela Elizabeth Johanna TRUTER x 05-01-1991 Kaapstad David (Dave) ROBBINS rekenaar-programmeerder, * 10-12-1966.
1c Ronel MEYER * 13-02-1979 d.v. Petronella Elizabeth TRUTER en Hendrik Petrus Lodewyk MEYER .

Hierdie matriargale lyn is meer as ‘ n blote kuriositeit: dit het ook ander implikasies. Volgens genetici word die mitochondriale DNA (mtDNA), afkomstig van die ovum van die moeder, feitlik onveranderd van moeder na kind oorgedra, in teenstelling met die grootste deel van die menslike DNA wat in die kern van selle voorkom en wat bestaan uit ‘ n kombinasie van die DNA van beide ouers. Hoewel mtDNA blybaar tot ‘n geringe mate ook van die vader oorgeërf word kan word ( ‘ n verskynsel wat paternal leakage genoem word) [9] en deur spontane mutasies kan verander, is die analise van mtDNA nogtans ‘ n betroubare metode om vroulike afstammingslyne te bepaal. Dit vorm die grondslag van die studies wat Afrika aandui as die “Wieg van die Mensdom”, en hoe die menslike bevolkings oor die afgelope ongeveer 150 eeue oor die wêreld heen versprei het [7].

Voordat soortgelyke studies met betrekking tot Eva/Krotoa en/of ander vroulike lede van haar stam uitgevoer kan word, is dit nodig dat meer van hulle afstammelinge in ander vroulike lyne opgespoor moet word sodat vasgestel kan word of hulle dieselfde mtDNA profiel oplewer.

Behalwe vir die afstammelinge wat hier geïdentifiseer is, is daar is sekerlik nog baie ander sulke persone in Suid-Afrika. Hierdie studie het gekonsentreer op die nageslag van Maria Jacomina van SCHALKWYK, wie se nageslag moontlik nog meer vroulike lyne tot tans lewendes kan oplewer. ‘ n Meer vrugbare en relevante (omdat dit baie meer geslagte teruggaan) veld sou wees die vroulike nageslag van Petronella se ander dogters, Catharina (x Roelof Diodati), Eva (x Hubert Hanse van der Meyden) of Maria (x Hendrik Abraham de Vries), waarvan die laaste die belowendste lyk.

Hierin lê dus ‘ n uitdaging aan ander genealoë om deel te neem aan die soektog na nog ander nasate van Eva in ‘n direkte vroulike lyn, wat die geleentheid sou bied om, met die huidige tegnologie, ‘ n stukkie van ons land se verlore genetiese erfenis te kan herontdek.

Erkennings

Aan die Truter-susters vir toestemming om hul genealogiese besonderhede te publiseer.
Aan Nico Walters vir onontbeerlike hulp met ontrafeling van die Ehlers/Eelders-familie.
Aan Nico Gey van Pittius vir waardevolle inligting oor navorsing met betrekking tot mtDNA..

Verwysings

[1] Matthee, Dalene: Pieternella van die Kaap, Tafelberg, Kaapstad (2000).
[2] Sleigh, Dan: Eilande , Tafelberg, Kaapstad (2002).
[3] Upham, Mansell: Persoonlike mededeling.
[4] Malan, O G: “My Kwartierstaat: Herkoms en Kwartierverlies”, C apensis 4/2002 pp 22-27.
[5] Malan, O G: “Die Swerfjare van Dirk Jacobus van Schalkwyk”, Capensis 4/2003 pp.18-23.
[6] Malan, O G: “Die Kekulé-kode vir Kwartierstate”, Familia Jaargang 40 No 1 (2003) pp. 34-36.
[7] a) Sykes, Bryan: The Seven Daughters of Eve: The Science That Reveals Our Genetic Ancestry , W.W. Norton, 2001.
b) Dawkins, Richard: River out of Eden: A Darwinian View of Life , 1995.
c) Carmichael, Terrence and Alexander Kuklin: How to DNA Test Our Family Relationships . DNA Press (2000).
d) Fitzpatrick, Colleen and Andrew Yeiser: DNA and Genealogy. Rice Book Press (2005).
e) Oppenheimer, Stephen: The Real Eve. Modern Man’s Journey out of Africa (2003).
f) Pomery, Chris: DNA and Family History: How Genetic Testing can Advance your Genealogical Research . London: National Archives (2004).
g) Savin, Alan: DNA for Family Historians . Maidenhead: Genetic Genealogy Guides (2003).
h) Smolenyak, Megan and Ann Turner: Trace Your Roots with DNA: Using Genetic Tests to Explore Your Family Tree . Rodale Books (2005).
[8] Walters, N M: Die Walters-diaspora en Familieboek Privaat Uitgawe 2005.
[9] Marianne Schwartz and John Vissing: “Paternal inheritance of mitochondrial DNA”. New England Journal of Medicine 347 (8) pp. 576-580 (Aug 22, 2002).

Korrespondensie: Ockert Malan

Acknowledgements to the Author as well as the Genealogical Society of South Africa Western Cape Branch Magazine of Capensis

Tags: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , ,

2 Responses to “Oor die dogters van Eva”

  1. Adri May 1, 2011 at 2:20 pm #

    DJA Vermaak’s relationship to Eva Krotoa

    Generation 1
    Eva Krotoa *1643 x 02 May 1664 Pieter van Meerhof *1637

    Generation 2
    Petronella van Meerhof *1655 +1713 x 1677 Daniel Zaayman *1650 +1713

    Generation 3
    Petronella Zaayman x 14 Sep 1731 Barend Jansen *1712

    Generation 4
    Anna Francina Jansen *1733 +1784 x 2 Mar 1754 Johan Christoffel Esterhuyse *1731 +1804

    Generation 5
    Andries Barend Esterhuyse *1755 x 1 Feb 1784 Anna Susanna Helena von Wielligh *1760

    Generation 6
    Jan Christoffel Esterhuyse *1784 x Elizabeth Catharina Koorsen

    Generation 7
    Engela Petronella Esterhuyse x Douw Petrus Jacobus Steyn *1797

    Generation 8
    Douw Petrus Jacobus Steyn *1828 x Gesina Janse van Rensburg

    Generation 9
    Catharina Maria Steyn *1859 +1941 x Gerrit Johannes Hercules Kruger *1858

    Generation 10
    Gert Johannes Hercules Kruger *1890 +1957 x Wilhelmina Christina Susanna Pieters *1896 +1974
    Generation 11
    Wilhelmina Christina Susanna Kruger *19 May 1929 + 26 Jun 2003 x 07 Jan 1950 Marthinus Petrus Hendrik Vermaak *14 Feb 1926 + 07 May 1977

    Generation 12
    12.1 Wilhelmina Christina Susanna Vermaak *24 Dec 1954
    12.2 Dina Johanna Adriana Vermaak *17 Sep 1958 x 17 Sep 1997 Walter Kölbing Winckler *02 Aug 1941

  2. Adri May 2, 2011 at 6:15 pm #

    I would like to publish a correction to the previous comment as I had accidentally left out one generation. Herewith my corrected lineage:
    DJA Vermaak’s relationship to Eva Krotoa

    Generation 1
    Eva Krotoa *1643 x 02 May 1664 Pieter van Meerhof *1637

    Generation 2
    Petronella van Meerhof *1655 +1713 x 1677 Daniel Zaayman *1650 +1713

    Generation 3
    Pieter Zaayman x 10 Jan 1712 Anna Maria Koopmans

    Generation 4
    Petronella Zaayman x 14 Sep 1731 Barend Jansen *1712

    Generation 5
    Anna Francina Jansen *1733 +1784 x 2 Mar 1754 Johan Christoffel Esterhuyse *1731 +1804

    Generation 6
    Andries Barend Esterhuyse *1755 x 1 Feb 1784 Anna Susanna Helena von Wielligh *1760

    Generation 7
    Jan Christoffel Esterhuyse *1784 x Elizabeth Catharina Koorsen

    Generation 8
    Engela Petronella Esterhuyse x Douw Petrus Jacobus Steyn *1797

    Generation 9
    Douw Petrus Jacobus Steyn *1828 x Gesina Janse van Rensburg

    Generation 10
    Catharina Maria Steyn *1859 +1941 x Gerrit Johannes Hercules Kruger *1858

    Generation 11
    Gert Johannes Hercules Kruger *1890 +1957 x Wilhelmina Christina Susanna Pieters *1896 +1974

    Generation 12
    Wilhelmina Christina Susanna Kruger *19 May 1929 + 26 Jun 2003 x 07 Jan 1950 Marthinus Petrus Hendrik Vermaak *14 Feb 1926 + 07 May 1977

    Generation 13
    12.1 Wilhelmina Christina Susanna Vermaak *24 Dec 1954
    12.2 Dina Johanna Adriana Vermaak *17 Sep 1958 x 17 Sep 1997 Walter Kölbing Winckler *02 Aug 1941

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.