or
* No registration is required.

Malan

Betekenis: 'n Melaatse. Dié naam is waarskynlik as skimpnaam gegee aan dié wat afvallig aan die Rooms-Katolieke geloof was en is toe deur hierdie "ketters" tot erenaam verhef.
Stamvader: Jacques Malan, van Merindol naby Abignon in Provence of van La Motte-d'Aigues (albei in Suidoos-Frankryk), geb. ca. 1672, oorl. ca. 1742. Kom waarskynlik in 1688 hier aan op die skip Berg China. Hy het op 18.10.1694 eienaar geword van 'n plaas in Franschhoek wat hy "La Motte" genoem het; hy het dit in 1719 verkoop. In 1709 het hy "Morgenster", een van die vier gedeeltes van "Welgelegen", die landgoed van Adriaan van der Stel, gekoop. Trou 1699 met Elisabeth le Long, wed. van Jean Jourdan (Jordaan) (7 kinders).
Wapen: Deurgesny in drie dele: rooi, blou en goud, in die skildhoof belaai met 'n silwer toring, in die dwarsbalk met drie goue Franse lelies en in die skildvoet met 'n drietoppige heuwel wat van die voet uitgaan.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.