or
* No registration is required.

Jordaan

Betekenis: Oorspronklik Jourdan, afgelei van Jourdain, die Franse naam van die rivier Jordaan in Palestina. Ná die kruistogte het, dit 'n gewilde voornaam in Frankryk geword, waaraan talle vanne ontleen is.
Stamvaders: (1) Jean Jourdan, van Cabrières-d'Aigues (Frankryk), geb. 1660. Kom in 1688 hier aan op die skip Berg China, met sy broer Pierre en sy moeder, die weduwee Jeanne Marthe Jourdan, geb. ca. 1628. Hy was later eienaar van die plaas "La Motte" in Franschhoek (La Motte was 'n dorp naby Cabrières). Oorl. voor Januarie 1699. Trou met Elisabeth of Isabeau le Long (4 kinders). (2) Pierre Jourdan, broer van (1). Later eienaar van die plaas "Cabrière". Oorl. 28.10.1723. Trou met Anna Fouché, oorl. 1713; hertrou met Maria Verdeau, dogter van Hercule Verdeau (6 kinders).
Wapen: In 1910 is die wapen beskryf as 'n keper tussen drie Franse lelies, maar in 1940 het die volgende wapen in gebruik gekom: Gedeel in drie: 1 in goud 'n swart adelaar; 2 in blou 'n palmboom; 3 'n landskap wat die oewer van die Jordaan voorstel. Dit is die wapen van 'n familie Jourdan in Frankryk, behalwe dat hulle 'n groen palmboom voer.
 
Is jy familie van Danny Jordaan?
 

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.