or
* No registration is required.

Drie Honderd Jaar later – Die Nageslag van David Du Buisson in Suid-Afrika

bookreview4Alta Roux se sukses met die publisering van haar eie boek, is iets wat elke genealoog en familie-geskiedkundige van droom, maar wat nooit eintlik ‘n werklikheid sal word nie. Alta is in 1998 deur die genealogie-gogga gebyt en van dag een af al geweet dat sy hierdie doel wil bereik. Hierdie enorme projek, wat ag jare geneem het, is saamgestel met die gemak en eenvoud wat die Du Buisson-familiegeskiedenis maklik leesbaar en verskriklik interessant maak. Daar is geen frilletjies en valletjies nie, maar eerder direkte en akkurate inligting oor hierdie Franse Hugenote-familie wat duisende lewende afstammelinge vandag het. Die  Drie Honderd Jaar later boek van die Du Buisson se kronieke oor 9 generasies van afstammelinge en 1900 individuele mense. Dit is ook interessant om die reeks van Nederlandse, Engelse en Skotse vanne wat in hierdie familie ingevleg is te vind. ‘n Wonderlike versameling van foto’s wat in die boek ook verskyn, dra iets persoonliks by tot die Du Buisson se familiegeskiedenis.

Bestellings:

Alta Roux, Posbus 1268, Kinross, 2270.
Sel: 082 844 5195.
Prys: R150 plus R35 P & P (Totaal: R185).

No comments yet.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.