or
* No registration is required.

Die Groot Afrikaanse Familie Naamboek

Koop hierdie boek aanlyn.

Van die stigting van die Kaapse nedersetting teen die middel van die sewentiende eeu het onder die bewoners ‘n sterk gevoel vir familieverband ontwikkel. Die bande met die ou wêreld in Europa het steeds losser geword en is ten slotte feitlik verbreek. Vanweë die isolasie van die Kaap was die nedersetter dus grootliks aangewys op sy gesin – sy vrou en kinders, met dikwels nog ‘n ongetroude broer of suster daarby. Ook die bouknegte, wat net soos die setlaars oud-Kompanjiepersoneel was, is meestal as deel van die gesin beskou, en dit was dan ook ‘n gewone verskynsel dat ‘n boervrou ná die dood van haar man die boukneg as tweede man geneem het.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.