or
* No registration is required.

De Villiers – Indiepte benadering

Betekenis: ‘n Villaris of villare was in die Middeleeue ‘n gehug en hieruit het in Noord-Frankryk die woord villiers ontstaan. Die van beteken dus letterlik “van die dorp”.Stamvaders:
Drie broers het op 6.5.1689 uit Frankryk hier aangekom: (1) Pierre de Villiers, geb. 1657 op La Rochelle (Frankryk), oorl. 22.1.1720 op “Picardie-La Brie”, Paarl. Boer op “La Rochelle” in die Paarlse distrik (gemeenskaplik met sy broers), “Bourgogne” en “Picardie-La Brie”. Trou 1694 met Maria Elisabeth Taillefer(t), geb. 1674 op “Picardie-La Brie”, oorl. 1735 (7 kinders). (2) Abraham de Villiers, geb. 1659 op La Rochelle, oorl. 31.3.1720 op “Lekkerwyn”. Boer op “La Rochelle” (met sy broers), “Champagne” (verkoop aan A. Nortier), “Bosch-en-Dal” (1717 verkoop aan sy broer Jacques) en “Meerrust”, naby “Lekkerwyn”. Trou op 5.10.1689 met Susanna Gardiol (7 kinders).

(3) Jacques (Jacob) de Villiers, geb. 1661 op La Rochelle, oorl. 17.5.1735 op “Bosch-en- Dal”. Boer op “La Rochelle” (met sy broers); koop 1717 “Bosch-en-Dal” van sy broer Abraham en 1730 “Lekkerwyn”; ook eienaar van “La Brie”, Franschhoek. Trou ca. 1691 met Marguerite Gardiol (suster van Susanna Gardiol), geb. 1668, oorl. 1749 op die plaas “Bakoven” (11 kinders).

Wapen: Deurgesny:

de-villiers-indiepte-benadering

A in silwer ‘n rooi skuinsbalk; B in blou ‘n silwer Godslam. Helmteken: ‘n gebuigde geharnaste silwer arm wat ‘n skuinsregs geplaaste kromswaard in die hand hou. Dekklede: silwer en blou. Dié wapen is in die Bell-Krynauw-versameling (afb. 243). Uit ‘n studie wat D.F. Bosman van Krynauw se aantekeninge gemaak het, blyk dat Krynauw in die argief van die Hooggeregshof ‘n lakafdruk gevind het met dié wapen: Bo ‘n skuinsbalk en onder ‘n Godslam met die voorletters C.H. ‘n Ander bron vir dié wapen was ‘n afbeelding in die familiedokumente van die familie Faure. Daar bestaan ook variante van hierdie wapen. Heeltemal afsonderlik staan natuurlik die wapen van die baronne De Villiers, hoewel hulle wel tot dieselfde familie behoort. Op 21.9.1910 is sir John Henry de Villiers tot eerste Baron van Wynberg verhef. Hy en sy nakomelinge voer die volgende wapen: In blou ‘n verhoogde silwer skuinsbalk en op ‘n grond in die skildvoet ‘n Godslam van natuurlike kleur. Helm met helmkroon wat versier is met nege pêrels. Helmteken: ‘n gebuigde geharnaste regterarm wat in die hand ‘n kromswaard hou. Skildhouers: twee springbokke van natuurlike kleur, elk om die nek ‘n kroon met nege pêrels.

Wapenspreuk: La main à l’oeuvre.

Source: Groot Afrikaanse Familie Naamboek (C.A Pama)

Tags: , , , , , , , , ,

No comments yet.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.