or
* No registration is required.

By die graf van my Oupagrootjie se Oupagrootjie

Andries Stockenström: “… A thousand times have such men as Van Wyk, van der Walt, Pretorius, Oberholzer, Joubert and others (whom before some of you, it is hardly safe to call human) spoken to me with the utmost warmth and sympathy of the dangers and injustice of taking the perty of the boarder tribes..”

My seun Malan by die graf van Michiel Oberholster.

Op 15 Junie 1845 – vandag 165 jaar gelede – sterf Michiel

Adriaan Oberholster op waarskynlik die plaas Schietmekaar in die Fauresmith-distrik. Michiel Adriaan was my oupagrootjie Daniel Johannes Malan Jacobs wat in 1869 op die plaas Platfontein i

n die Fauresmith-distrik gebore is se oupagrootjie. Hy was die leier van ‘n groot

klomp Trekboere wat reeds voor die Groot Trek semi-permanent in die Suid-Vrystaat gewoon het. Op sy plaas Schie

tmekaar kan sy nasate vandag nog uitwys waar die sogenaamde raadsaal gestaan het waar ek aanvaar hy en van die ander trekboer-leiers van tyd tot tyd vergader het. Michiel se skoonseun – my voorouer Willem Daniel Jacobs (geb. 1804) – op wie se Griekwa-huurplaas Fauresmith aangelê is – was ook een van hierdie Trekboer-leiers.

Die volgende inligting word gegee in ‘n dokument wat ek by Tannie Annatjie van Deventer – nasaat van Michiel Oberholster – gekry het:”… WD Jacobs, die eienaar van Sannaspoort, het later op eie koste predikante in die Kaap Kolonie laat haal om hier te kom preek. Hy het dus baie gedoen vir die welsyn van hierdie gemeente.” Later meer oor die Trekboere en die onderskeid tussen hulle en die Voortrekkers.

Ek en my seun Malan het Faur

esmith van 15-16 Julie 2009 besoek en was ook by die graf van o.a. Michiel Adriaan op Schietmekaar. Ek aanvaar dat dit een van die oudste geïdentifiseerde grafte van ‘n blanke wat in die Suid-Vrystaat gesterf het moet wees. Die graf van Michiel en ander lede van sy familie is in die 1940’s deur van sy nasate uitgewys aan van die jonger generasies wat toe grafstene van sement gemaak het en by die grafte aangebring het.

As jong kind reeds – miskien 7-8 jaar oud – het ek die eerste keer gehoor dat my oupagrootjie Daniel Johannes Malan Jacobs (agterkleinkind van Michiel) in die Fauresmith-distrik gebore is. Die inligting verskyn dan ook voor in my Oupagrootjie se Bybel.

Daniel Jacobs by die graf van Michiel Oberholster

My Oupagrootjie het my Oupa Jacobs met seker so 7 jaar oorleef. My Pa was 14 jaar oud toe sy Pa in 1945 oorlede is en ek kan onthou dat ek op ‘n stadium onder die indruk gekom het dat my Pa nogal geheg aan sy Oupa was.

Van al my Pa se voorgeslagte is daar in ons huis die meeste gesels oor die Malans. Seker, maar deels omdat ons familie-name Daniel Malan is – my seun Malan is nou al die vyfde geslag Daniel Malan Jacobs. Waarskynlik ook omdat ons o.a ‘n ou skryftafeltjie van my Oupagrootjie se ma – Anna Aletta Malan (geb. 1840’s) – gehad het. Ek kan onthou dat ek as kind ervaar het dat daar ‘n sagte plekkie vir haar was in die hart van my Ma – wat baie in geskiedenis belangstel – omdat Anna Aletta jonk gesterf het. Ek skat my Oupagrootjie was nie ouer as 3-4 jaar toe sy gesterf het nie. Hy het ook nog twee susters gehad wat jonger as hy was.

Dan was daar ook Anna Aletta se Pa Daniel Johannes Malan (geb. ca 1824) wat as Ryk Daantjie Malan bekend gestaan het. In Stals se twee volumes Die Afrikaner in die Goudstad word daar genoem dat hy ‘n direkteur was van die Langlaagte Gold Mining and Prospecting Syndicate. Of hulle egter een ons goud gemyn het betwyfel ek – die navorsing om my vermoede in die verband te probeer bevestig moet nog gedoen word. Hy het weliswaar ook arm gesterf – dit is egter ‘n storie vir ‘n ander dag.

Daniel Johannes Malan is in ca 1824 in Wellington gebore. Sy Pa Jan Jacobus Malan (geb. ca 1798) word volgens een bron saam met ‘n Dr Abbey aangegee as die stigters van Wellington. Die eerste huis in Wellington is deur hom gebou. Jan Jacobus Malan se Pa was Daniel Johannes Malan (geb. ca 1775). Ons kan die oorsprong van ons familiename na hom terugvoer. Hy was ‘n neef van die Voortrekker-leier Piet Retief.

Al wat ons verder van my Oupagrootjie se verbintenis met Fauresmith geweet het, was dat hy op 14-jarige ouderdom sy perd gevat het en weggeloop het na sy Oupa Daniel Johannes Malan wat op daardie stadium in Zeerust in die Wes-Transvaal gewoon het. Hy kon naamlik nie met sy stiefma oor die weg kom nie. Vandag weet ek dat hulle op daardie stadium – ca 1883 – nie noodwendig meer in die Fauresmith-distrik gewoon het nie. Ek het bv. sedertdien vasgestel dat sy Pa se derde huwelik in 1873 in Kimberley plaasgevind het. Soos seker ook baie ander Afrikaners het hy waarskynlik sy heil op die diamantvelde gaan soek.

Net vir die interessantheid. Die Erasmus Jacobs wat die eerste diamant in die Hopetown-distrik opgetel het, is deel van dieselfde “clan”. Sy Pa – Daniel Johannes Jacobus Jacobs – was ‘n kleinneef van hierdie oorgrootjie van my – Willem Daniel Jacobs (geb 1839) wat in 1873 in Kimberley in die huwelik getree het.

Anna Aletta Malan was Willem Daniel Jacobs (geb. ca 1839) se tweede vrou. Sy eerste huwelik was met ‘n Van Zyl-niggie van hom. Sy sterf op 22-jarige ouderdom en die huwelik met Anna Aletta Malan was in 1868.

In die 1860’s speel Daniel Johannes Malan bankrot in Wellington en ek vermoed dit is die rede waarom hy sy verdere heil in die noorde van die land gaan soek het.

Hierdie was my eerste besoek aan Fauresmith en distrik. Ek was in 1982 tydens my Nasionale Diensplig op ‘n offisier kursus by op Kimberley. Tydens ons “Vasbyt” het ons in vyf dae 180 km oor die vlaktes van die Noord-Kaap en Suidwes-Vrystaat gestap. Ons een draaipunt moes naby aan Jacobsdal gewees het. Op daardie stadium het ek nog nie geweet dat Jacobsdal aangelê is deur Christoffel Johannes Jacobs en sy seun nie. Christoffel Johannes was die oudste broer van my Oupagrootjie se Oupa Willem Daniel Jacobs (geb. 1804). Hy was die 9de oudste kind van David Jacobs (geb. ca 1749) en Jacoba Adriana Smit. Dit is op Willem Daniel Jacobs (geb. 1804) se Griekwa-huurplaas dat Fauresmith aangelê is.

Die Jacobse was van die trekboere wat hulle reeds voor die Groot Trek semi-permanent langs die Rietrivier bevind het. Prof. Britz noem in ‘n boekie wat hy oor die geskiedenis van Fauresmith se NGK geskryf het, dat die eerste trekboere hulle reeds in 1815 vir die eerste keer in die Rietrivier omgewing bevind het. Hulle belangrikste leier was my voorouer Michiel Adriaan Oberholster – wat vandag 165 jaar gelede gesterf het. Hy was vir baie jare die veldkornet van die Winterveld Veldkornetskap van die landdrosdistrik van Graaff-Reinet. Volgens Deel V van die SA Biografiese Woordeboek is hy in 1829 “algemeen as die leier van die trekboere erken”.

Die gebied waar hulle hulle gevestig het, was onder beheer van die Griekwas en reeds in 1828 het Oberholster namens die trekboere ‘n ooreenkoms met Adam Kok II aangegaan om grond van die Griekwas te mag huur (SA Biografiese Woordeboek, Deel V bl. 581).

Michiel Adriaan Oberholster se oudste dogter was getroud met my voorouer Willem Daniel Jacobs (geb. 1804) op wie se Griekwa-huurplaas Fauresmith aangelê is. Soos reeds genoem is hy my oupagrootjie – die eerste Daniel Johannes Malan Jacobs – wat in 1869 in die Fauresmith-distrik gebore is se oupagrootjie.

Hierdie trekboere het hoofsaaklik agter weiveld aangetrek en het nooit beplan om onder die gesag van die Koloniale regering uit te kom soos wat die geval met die Voortrekkers was nie. Hulle het dan ook as Lojaliste bekendgestaan omdat hulle lojaal gebly het aan die Engelse regering. Dit het dan ook tot struwelinge met van die Voortrekkers onder leiding van o.a. J.G. Mocke gelei wat hulle ook mettertyd in die Vrystaat gevestig het.

Daar is nie tyd om in diepte in te gaan op die “reg of verkeerd” van Oberholster se standpunt nie. Prof. PJ van der Merwe – my baie goeie vriend Joos se Pa – noem in sy boek die Noordwaartse Beweging van die Boere voor die Groot Trek (1770-1842) dat die trekboere oor ekonomiese redes getrek het.

Daar waar hulle in die Kaapkolonie gebly het – die Richmond-distrik – het hulle o.a. nie in voortdurende konflik met die Xhosas geleef nie en was dus nie vir die Engelse so kwaad soos die trekkers wat hoofsaaklik uit die Oostelike distrikte getrek het nie. Die feit dat baie min Voortrekkers uit o.a. die westelike dele van die Kaapkolonie gekom het, is ‘n verdere bevestiging van hierdie punt. Ook hulle het minder rede gehad om kwaad te wees vir die Engelse en daarom feitlik glad nie aan die Groot Trek deelgeneem nie.

Eric Rosenthal verwys in sy boek South African Surnames op bl. 109 as volg na Michiel Oberholster: “Even to-day, far over a century later, the personality of Michiel remains the subject of controversy among historians. Many of his contemporaries violently disliked his policy of conciliation…”

Ek het eendag aan ‘n vrou wat saam met my gewerk het genoem dat ek van Michiel Oberholster afstam. Haar reaksie was iets in dier voege: “Ek stam ook af van hom. Hy was mos ‘n perdedief en het wapens gesmokkel met die Basoeto’s!” Tydens my besoek aan Fauresmith het ek met ‘n ou dame gesels wat ook ‘n afstammeling is van hom en ook sy het aan my genoem dat Oberholster en sy mense deur sommige mense as verraaiers beskou is. Ek vermoed dat die beskouing van Oberholster as wapensmokkelaar en perdedief moontlik sy oorsprong gehad het tydens die hoogbloei van Afrikaner-nasionalisme (waarteen ek nie in beginsel enigiets het nie – ek is immers ‘n lid van die Voortrekker Jeugbeweging!), toe dit nie sou mode gewees he tom te sê dat jy ‘n nasaat van die lojalis MA Oberholster was nie.

Sy goeie verhouding met die Koloniale regering was waarskynlik een van die belangrikste redes waarom hy na die moord op Retief deel was van ‘n 13-man Kommissie wat deur die Engelse regering Natal-toe gestuur is om te gaan ondersoek instel na die omstandighede van die Voortrekkers. Die latere President Boshoff van die Vrystaat was nog ‘n lid van die Kommissie. Erasmus Smit verwys in die verband na o.a. Oberholster se teenwoordigheid in die Trekkerlaer waarvan hyself ook deel was.

Reg of verkeerd – Michiel Oberholster was nie ‘n bakleierige soort mens nie. Toe ek dit aan Louis Roux – by wie se gastehuis ek en Malan in Fauresmith oorgebly het – noem, het hy dadelik aan my genoem dat die Oberholsters wat hy ken saggeaarde mense is.

Tannie Annatjie van Deventer – nasaat van Michiel – het vir my vertel van haar gelowige voorouers – hoe hulle bv. ook besonder goed met hulle werksmense omgegaan het. Daar was bv. haar Oupa Jorsie (hy het soos King George gelyk en die bynaam George het toe verander na Jorsie!) wat diep gelowig was en o.a. verskeie geestelike geskrifte nagelaat het.

Op my vraag wat die familie oorvertel het oor Michiel Oberholster het sy gesê: “Hulle het gesê hy was ‘n baie goeie mens gewees…”

Oor haar oupagrootjie – Blinde Oupa en kleinseun van Michiel het sy gesê: “My pa het ook gesê hy was ‘n baie, baie goeie mens.”

Oor haar Pa het sy gesê: “Ja nee en hulle was nie opstandige mense gewees nie…As iemand kom koop het by hom – hy sou nie – bv daai man wou 5 pond ‘n os hê – ten minste betaal – en my Pa wou miskien 6 pond gehad het – en daai man sal hom vat vir 5 pond – pa sou nie stry oor ‘n prys nie.”

Blinde Oupa, kleinseun van Michiel Oberholster het volgens Tannie Annatjie van Deventer se Tante Mev. Anna Erasmus ook “vertel van nomadiese boesmans verskuil in bome teen nagtelike vangs deur leeus. Later, met gebare taal, is hulle aangelok. Een het die naam van Martha gekry, maar sy het haar kinders klein opgehang aan die boogsnaar as hulle te lastig is. Een het tog los gekom deur die Kommandant (nota: dit is Michiel Adriaan Oberholster) en sy naam was Koelman. Hy was die metgesel vir die Oupa agter die trop skape.”

Die volgende word ook vertel deur Mev. Anna Erasmus (die persoon wat die “staaltjie” aan Mev. Erasmus vertel het was ook blinde Oupa of dan kleinseun van MA Oberholster. Hy was Mev. Erasmus se Oupa): “Ook die staaltjie van Kommandant Oberholzer wat op ‘n skiettog ‘n gewonde swartman met ‘n maagwond deur ‘n renoster toegedien, se lewe gered het. Hy het dit met skoon water gewas en sy nekdoek om die liggaam gebind. Baie lank daarna het die bantoe al wuiwende met die doek op die plaas aangekom!”

Dit is natuurlik so dat nie net die lede van een van mens se geslagslyne ‘n invloed op jou lewe het nie. Dit wat Tannie Annatjie en Louis Roux oor die Oberholsters vertel het, het my egter tog laat dink aan wat ek gehoor het ‘n Amerikaner op ‘n keer by ‘n byeenkoms te UWK gesê het: nl. dat dit wat jy in jou lewe doen nog tot op die vyfde geslag na jou ‘n wesentlike invloed het. Ek aanvaar dit is deur navorsing bewys waarin waarskynlik bevind is dat dit in sommige gevalle op meer en in ander gevalle op minder as vyf geslagte betrekking het.

Dit beteken natuurlik ook nie dat ons gevangenes is van die gevolge van ons voorouers se dade en waardes nie. Ons het elkeen ‘n vrye keuse en daar is natuurlik baie voorbeelde van mense wat hulle ontworstel het aan die negatiewe invloed wat hulle voorgeslagte se dade en waardes op hulle as nageslag gehad het.

‘n Opmerking oor die karakter van Michiel Oberholster waaraan ons baie waarde kan heg kom van Andries Stockenstrom, op ‘n stadium o.a. Landdros van Graaff-Reinet. Dit is bekend dat hy en die Oosgrensboere nie altyd langs dieselfde vuur gesit het nie. In die volgende aanhaling uit sy outobiografie rig hy hom aan o.a. die grensboere se groot kritici in Engeland:
“It is most unjust to charge the colonists en masse as cut-throats, and as being adverse to the amelioration of, and good understanding with the aboriginal tribes. It is the fashion to associate everything that is barbarous, brutal and cruel with the ‘African-Boer’. If my object had been to gain popularity with any one set of men, then I would have adopted a more partial course than I did. But as I do not mean to cajole either friend or foe I neither hesitate to say that if a wise and efficient system had been adopted… the majority of citizens, English and Dutch, would have given it their most cordial co-operation. I never found them in the aggregate hostile to any plan which would ensure protection for themselves as well as their black neighbours … A thousand times have such men as Van Wyk, van der Walt, Pretorius, Oberholzer, Joubert and others (whom before some of you, it is hardly safe to call human) spoken to me with the utmost warmth and sympathy of the dangers and injustice of taking the property of the boarder tribes, the doubtful alternative to which our wavering policy occasionally drives us. I have often found more human feelings and good sense in these men and the like, than I am disposed to give some of their defamers credit” Vir meer inligting hieroor sien by STORIES op my webtuiste by www.gendata.co.za

Handtekening van Michiel Oberholster

No comments yet.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.