Die 31 ste Maart 1842 word beskou as die stigting van die NGK in die Vrystaat. In GBA Gerdener se boek Ons Kerk in die Transgariep word op bl. 148 die volgende gesê: “Gedurende sy (Ds. Daniël Limdley) se vier besoekreise het hy in hierdie gemeente 1303 kinders gedoop, wie se name sy medereisiger, die ouderling Gert Naude, ingeskryf het “in de Geref. Chr. Kerk by de gemeente van Wenburg, zedert 31 Maart 1842.” Dit wil voorkom of die gemeente nie amptelik op daardie datum gestig is nie, maar dit word as die stigtingsdatum beskou omdat dit die datum is waarop Lindley die eerste kinders in die Vrystaat gedoop het.
My voorouer Willem Daniel Jacobs, op wie se Griekwa-huurplaas die dorp Fauresmith aangelê is, was een van die eerste twee diakens van die Fauresmith-gemeente wat die tweede Vrystaatse NGK gemeente was. Die volgende inligting word gegee in ‘n dokument wat ek in Julie 2009 by Tannie Annatjie van Deventer van Fauresmith gekry het:”… WD Jacobs, die eienaar van Sannaspoort, het later op eie koste predikante in die Kaap Kolonie laat haal om hier te kom preek. Hy het dus baie gedoen vir die welsyn van hierdie gemeente.” Fauresmith se gemeente is in die laat 1840’s gestig.
Terug by Daniël Lindley. Hy is in 1801 in die VSA gebore waar sy Pa ‘n predikant van die Presbiteriaanse Kerk en later President van die Universiteit van Ohio was. Op 6 Februarie 1835 arriveer hy in Tafelbaai om onder die Matabeles – of soos wat hulle genoem word die “Inland Zoolahs” te gaan werk. Nadat die Voortrekkers die Matabeles finaal verslaan het, het Lindley en sy gesin saam met die Trekkers na Thaba Nchu vertrek. Op 3 Januarie 1840 word hy deur die Natalse Volksraad as predikant van die Voortrekkers aangestel. In Junie 1847 verlaat hy hulle diens en word hy ‘n sendeling on die Zoeloes. Hy vestig hom op Inanda.
In die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek , Deel 2, word o.a. die volgende oor die verhouding tussen Lindley en die Voortrekkers gesê: “Hy maak as mens, en ook as skut en perderuiter, so ‘n goeie indruk op die Voortrekkers dat hulle hom bewonder. Die omgekeerde is egter nie in dieselfde mate die geval nie. Lindley beskou byvoorbeeld die Voortrekkers se bewering dat die Xhosa die Kolonie sou oorstroom, en dat onveiligheid hulle verplig het om te trek, as oordrewe. Ook is hy bevrees dat die Voortrekkers se vestiging in die binneland sendingwerk aldaar sou bemoeilik. Hy het blykbaar ook nie ‘n hoë dunk van die Voortrekkers se godsdienssin nie en verwag dat hulle die Bantoe sal onderdruk en dat hul toestand sodanig sal versleg dat dit sal word soos die van die Rooihuide in Amerika. Hy glo die enigste manier om die Bantoe te red, was om hulle Christene te maak.”
In die Afrikaanse weergawe van Edwin W Smith – ‘n Suid-Afrikaans gebore Amerikaner – se biografie van Lindley – Die Lewe en Tye van Daniël Lindley 1801-80 – “Deze is een naam die lieflik klinkt in Afrikaner ooren” – word op bladsy IX die volgende gesê: “Hy het ‘n opregte bewondering en liefde vir hierdie stoere pioniers gekoester, en hierdie gevoel was wederkerig. Ek weet baie van hulle nakomelinge sal my poging om hom te beskrywe verwelkom. Ek deel self ook sy gevoel; maar, net soos syne, is my bewondering nie sonder onderskeiding nie. Daniel Lindley het die Boere liefgehad, dit is seker ; maar van die aard van hulle optrede teenoor die naturellebevolking het hy nie gehou nie, en hy het daar ook geen aandeel aan gehad nie. Hy was bekend met slawerny in Amerika waar dit eers dertig jaar later as in Suid-Afrika afgeskaf is. In Noord-Carolina het hy negerslawe as lede in sy kerk gehad. Hy het na Suid-Afrika gekom met ‘n diepgewortelde haat vir alles wat na slawerny gelyk het. Hy was nie oorgevoelig vir die Bantoes nie ; trouens, sy vroeë oordeelvellinge oor hulle was gekenmerk deur groot strengheid. Sy vriend, George Cato, het gesê: “Hy het nie vir homself of iemand anders om die bos gelei deur te se dat die Etiopiers of enige ander swartes witgewas kon word nie— ‘n stelling wat versigtig vertolk moet word. Maar wreedheid en onreg het hy verafsku. Die Zoeloes onder wie hy met soveel ywer gewerk het, het geen tradisie van slawerny agter hulle gehad nie; die Bantoes in Suid-Afrika was nooit die slawe van blankes gewees nie. Maar toe die eerste koloniste met die Bantoes in aanraking gekom het, het hulle laasgenoemdes met dieselfde gevestigde houding bejeen wat by hulle sowel as by hulle vaders posgevat het as gevolg van die slawetoestande waarmee hulle in noue aanraking gelewe het. Die Voortrekkers het die Kolonie verlaat onder meer, omdat hulle nie kon verdra dat die vrygemaakte slawe op gelyke voet met Christene geplaas moes word nie ; dit was „teenstrydig met die wette van God en die natuurlike onderskeiding van ras en godsdiens”, soos een van hulle gesê het ; en in weerwil van al sy liefde vir hulle, is dit baie duidelik dat Daniel Lindley bang was dat hulle die inboorlingbevolking sou verdruk. Ek haas my om te sê dat hy ook bewus was van die gevaar van verdrukking deur die Engelse.”
Die tweede aanhaling is uiteraard ‘n meer positiewe weergawe van Lindley se siening van die Voortrekkers. Ek sal graag ‘n studie daarvan wou maak om te te probeer vasstel wat presies sy siening van die Voortrekkers – en veral hulle godsdienssin was.
‘n Mens kan sonder vrees vir teenspraak sê dat baie van ons voorouers baie godsdienstig was. So bv. kom die volgende aanhaling uit Leen van Valen se biografie van Andrew Murray junior – Aan die woord is A Murray Sr in 1844 nadat A Murray jr uit Europa vir hom laat weet het hy het besluit om predikant te word: “De dienst in de kerk van Zuid-Afrika belooft je niet veel van de rijkdom en het gemak van de wereld , maar biedt je een veld van nuttigheid aan, so uitgebreid als je kunt verlangen, en dat onder een vriendelijk en verdraagzaam volk.” Ek aanvaar hy verwys hier na die Afrikaners – onder wie hy self predikant was. Hy was sy hele bediening in Graaff-Reinet. Ek het destyds vir Leen – ‘n Nederlander – gehelp met die insameling van inligting vir die boek.
Baie was egter moontlik net nominale Christene – wat moontlik die verklaring vir Lindley se siening van hulle godsdienssin is. Hier verwys ek na die opmerking wat in die SA Biografiese Woordeboek gemaak word wat lees “Hy het blykbaar ook nie ‘n hoë dunk van die Voortrekkers se godsdienssin nie…”
Ek sal graag ‘n vergelykende studie wil maak tussen die godsdienstige lewe van ons voorouers en ander soortgelyke groepe wat in soortgelyke pionierstoestande geleef het. Ek dink die kans is goed dat hulle op die minste een van die mees godsdienstige van die groepe sal wees. Sou ek reg wees in my vermoede sal die feit dat die Afrikaner se genetiese samestelling volgens die berekening van Prof. du Bruyn – ‘n Wiskundige – in 1807 ongeveer 25% Hugenoot was, waarskynlik een van die belangrikste redes hiervoor wees.
TV actor Frank Opperman is tracing his father’s roots and his father Frankie Alfred is terminally ill. Frank desperately wants to share their heritage with his father. Can you help?
The Opperman family lived at number 48 Lilian Road in Fordsburg in the 1930′s. His father Frankie Alfred’s father was Nicolaas Phillip Opperman and his mother Anna Elizabeth (nee De Wet). His father’s birth certificate, stamped on 27 November 1939, states that Nicolaas Phillip Opperman was 26 years old at the time and would have been born in 1910.
The other children were:
Nicolaas born 06.10.31
Jacobus born 26.12.32
Elsie born 13.07.34
Anna was in a desperate situation and asked for the Commissioner of Child Welfare to send some of the children to an orphange. Frankie (Frank’s father) was sent to Charlotte Theron-Kinderhuis. We do not know what happened to the other children and want to trace the roots of the family, especially the time between the Great Trek and the Boer War.
Can you help Ancestry24 help solve the Opperman mystery?
Please reply with your comments to this post if you are registered, otherwise send an e-mail to [email protected]
Frank made a movie about his sister, who became Hare Krishna. It contains a brief background on the Opperman family. Watch it below.
Olive Schreiner, wat o.a. bekend is as skryfster van die boek The Story of an African Farm, is op 24 Maart 1855 gebore. Haar Pa was ‘n Duitser wat ‘n sendeling was van die Londense Sendeling Genootskap. Olive was ‘n ‘believing agnostic’ en ‘n mens wonder of dit nie dalk een van die redes was waarom sy volgens ‘n artikel in Deel 1 van die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek “ ‘n diepgesetelde emosionele onbestendigheid” gehad het nie.
Olive en haar man het hulle tydens die Anglo-Boere Oorlog aan die Republieke se kant geskaar en baie gedoen om hulle te ondersteun. In ‘n pamflet wat in Brittanje versprei is sê sy aan die Britse soldaat : ‘Hier wag geen louere vir jou nie’ en waarsku Brittanje profeties dat ‘die uur van uiterlike welslae die uur van onherroeplike mislukking kan wees’. Sy verwys hier waarskynlik o.a. na die ongeveer 22 000 Britse soldate wat sou sterf en die groot finansiële koste wat die oorlog vir Brittanje sou meebring.
Die volgende is ‘n aanhaling uit my Vosloo-boek. Die aanhalings is afkomstig uit ‘n Afrikaanse vertaling van ‘n dagboek wat tydens die ABO bygehou is deur die 19-jarige Cecilia Johanna Vosloo (geb. 1880) van Somerset-Oos. Van haar kleinneefs het in die Republieke gewoon. Sy het self die vertaling gedoen.
Cecilia Vosloo sê: “Die vrouens van ons dorp is besig om ’n groot vergadering te organiseer om teen die konsentrasiekampe te protesteer. Hulle het my sekretaresse gemaak, en ek moet Olive Schreiner, wat op Hanover woon, vra om op die vergadering te kom praat. Ek is maar ’n bietjie senuweeagtig want ek weet nie eintlik baie van sulke dinge af nie.
“Ons vergadering is môre en ek het gister van Olive Schreiner gehoor. Tot ons spyt kan sy nie kom nie. Sy het my egter ’n baie lang stuk gestuur om voor die vergadering te lees, en wat nog die mooiste van alles is, sy het my ’n brief in haar eie handskrif gestuur. Ek gaan dit vir my nageslag bewaar, en ek skryf dit in my dagboek neer om die wêreld te oortuig dat dit waar is!”
Dan haal sy die brief woordeliks aan en vervolg verder: “Nou daar is die hele brief woord vir woord, en punt vir punt. Ek sal die oorspronklike hiervan bewaar tot die dags myns doods, want dis nie elke dag dat ek van ’n skryfster ’n brief kry nie. Ek sal haar lang stuk maar netso lees as wat sy dit gestuur het. Dis net jammer dat dit in Engels geskryf is, maar ek sal iemand vra om dit te vertaal. Die oorlog skud ons bietjie wakker — ons begin nou minder Engels en meer Hollands te praat.’’
Laasgenoemde is ’n interessante opmerking, want dit dui op die rol wat die oorlog gespeel het in die stimulasie van Afrikaner Nasionalisme.
In ’n ander stadium het sy ’n Hollandse brief ontvang van ’n prokureur wat in die tyd toe haar broer in die Roelandstraat Tronk was, na hom omgesien het. Sy het die brief in haar dagboek aangehaal en toe die volgende opmerking gemaak: “Is dit nie ’n mooi brief nie? En die beste is dat dit in Hollands en nie in Engels geskryf is nie. Dis snaaks dat ons Afrikaners nooit ons eie taal gebruik nie, maar altyd skryf in die taal van ons volksvyande.”
Ironies genoeg was ’n brief wat haar broer uit die tronk aan haar geskryf het in Engels!
Aangaande die vergadering vervolg sy: “Ek het Olive Schreiner se hele lange manifesto gelees en Piet Villiers het langs my gestaan en dit in Hollands vertaal. Die vergadering het ’n mosie van sterk protes teen die konsentrasiekampe aangeneem, en die stuur ek môre aan Lord Kitchener. Of dit sal help moet die tyd ons nog leer.’’
Haar mees diepgaande politieke werk is na haar dood uitgegee. Dit is Thoughts on South Africa (Londen 1923) Volgens Vera Buchanan-Gould was sy die eerste persoon wat die Afrikaanse en die Engelse volksdeel ewe veel liefgehad het, omdat sy in staat was om die deugde en voortreflikhede van albei in te sien, terwyl sy ook bewus was van die foute aan elke kant.
M.b.t. die werk haal ek as volg aan uit Deel 1 van die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek: “Sy bewonder die Boer se eenvoud asook sy behoud van persoonlike deug in ‘n wereld wat na haar mening al hoe meer die materialisme aanbid. `Terwyl ons aan die Boer die leer van ‘n hoer menslikheid bring, die uiterlike liter8re kultuur wat die vermoens van die mens vergroot, het by sy eie les vir ons’, se sy. `Terwyl ons goud op ‘n hoe voetstuk plaas en daarom heen dans totdat ons dronk is soos die Israeliete om hul kalf, weet die Boer wat in sy primitiewe eensaamheid grootgeword het, nog dat daar dinge is wat ons goud ons nie kan gee nie, en dat stoflike weelde nie alles in die lewe is nie, dat die snit van ‘n baadjie ‘n toeval is en dat ‘n mens God haas net so van aangesig tot aangesig sien van die wakis af as van ‘n koningin se paleis af’. Hoewel sy haar boek hoofsaaklik aan ‘n studie van die Boerevolk wy, skryf sy ook met merkwaardige insig oor die ander rasse van Suid-Afrika.”
Olive Schreiner sterf op 11 Desember in Wynberg, Kaap.
Insidente in Paul Kruger se lewe
1. “Seek all that is to be found good and fair in the past, shape your
ideal accordingly and try to realize that ideal in the future”
Paul Kruger het kort voor sy dood op 14 Julie 1904 in Switserland ‘n laaste
boodskap aan sy volk gerig. Die boodskap is opgestel deur Dr. W.J. Leyds
maar in die woorde van Johannes Meintjies, soos dit voorkom in sy biografie
van Kruger: “. the old man read and approved the letter, signed for the last
time, and knew that he had released a political sentiment which would
endure.”
Meintjies se vertaling van ‘n deel van die boodskap lees as volg: “He who
wishes to create a future must not loose track of the past. Thus; Seek all
that is to be found good and fair in the past, shape your ideal accordingly
and try to realize that ideal in the future.[1]” Die bekende uitdrukking:
“Neem uit die verlede wat goed is en bou die toekoms daarop” het waarskynlik
sy oorsprong by hierdie laaste boodskap van Paul Kruger.
2. “It was a kind of conversion from which he emerged as if he
had walked through fire, purged and cast into shape.”
Johannes Meintjes verwys in sy boek President Paul Kruger ‘n voorval wat
skynbaar plaasgevind net na sy terugkoms van ‘n veldtog teen ene Mahura in
ca 1858: “Kruger was relieved to be back at Waterkloof and to have some
rest. He was both physically and mentally exhausted, for he was going
through a kind of spiritual crises, a geloofstryd as the Boers called it.
It was only at the age of thirty-two to thirty-three that Paul Kruger was
what he considered adult, and it came about with intense soul-searching in
establishing his relationship with his personal Saviour. In the mountains at
Waterkloof he did battle with God, like Jacob, and for three days went
without water or food, to the concern of his family and friends. It was a
kind of conversion from which he emerged as if he had walked through fire,
purged and cast into shape. From statements made at various times one can
guess at some of the things that bothered him: pride, arrogance,
aggressiveness, insubordination, intolerance, self-aggrandizement. From now
on he could know selfrespect only in prostration before God, action only by
the guidance of God. Never again was his faith to be shaken, a faith which
struck some of his comtemparies as being childlike in simplicity.”[2]
3. “He used to sit in his very large, comfortable easy chair beside a biggish
table on which was placed nothing else but a big Bible.”
Landdros G.G. Munnik wat heelwat tyd saam met Paul Kruger deurgebring het,
vertel die volgende: “President Kruger was a man of most regular habits, and
he never allowed anyone or anything to interfere with those habits. He used
to get up about five p’clock every morning, summer or winter, when he would
have family prayers interlarded with the singing of several psalms – he was
a Dopper by religion and that sect never sang hymns. While the President’s
religious devotions were proceeding, the two Staats Artillerymen, who did
sentry-go before his house day and night, would march up to the front door
and prevent anyone from entering the house. About six o’clock the President
would go to his reception room – a large one – and the sentries would move
away from the front door, when visitors were allowed in to see the President
without any ceremony of introduction. He used to sit in his very large,
comfortable easy chair beside a biggish table on which was placed nothing
else but a big Bible.”[3]
4. Hy kon nie die gedagte “verdra dat daar enige swart mense sou wees wat
nie dieselfde Heiland ken en liefhet wat hy liefhet nie.”
In Dr. M.W. Retief se Herlewings in ons Geskiedenis, Kaapstad, 1951. Dit is
‘n aanhaling in ‘n brief wat Andrew Murray in 1862 aan sy kinders geskryf
het terwyl hy op ‘n sendingreis na die ZAR was. Hy verwys na ‘n ontmoeting
met Paul Kruger – op daardie stadium nog so 37 jaar oud en uiteraard nog nie
President van die ZAR nie (hy is ook eers in 1863 tot Kommandant-Generaal
verkies – aldus die SA Biogarfiese Woordeboek): ‘Ons het Rustenburg die
Woensdagmôre verlaat en die plaas van Mnr. Kruger Donderdagaand bereik. Hy
is ‘n goeie en vrome man. Miskien het Moeder vir julle vertel dat sommige
van die witmense hier dit nie graag wil hê dat aan swartes iets omtrent
Jesus geleer sal word nie. Dit is omdat hulle Hom self nog nie liefhet nie.
Maar Mnr. Kruger sê dat toe God hom ‘n nuwe hart gegee het, dit vir hom was
asof hy aan elkeen van die liefde van Jesus wou vertel, en asof hy gewens
het dat die voëls en die bome en alle dinge hom sou help om die Heiland te
loof: en daarom kon hy die gedagte nie verdra dat daar enige swart mense sou
wees wat nie dieselfde Heiland ken en liefhet wat hy liefhet nie. ‘ “[4]
5. “. omdat ek ‘t nie oor my hart kon kry om die arme skepsels daar so
verskriklik te laat ly en deur ‘n gestadigde dood laat omkom nie”
Gustav Preller vertel in sy boek Oorlogsoormag en ander Sketse en Verhale,
hoe Paul Kruger tydens die beleg van die Makapansgrotte in die 1850′s sonder
toestemming van die bevelvoerder een nag – nadat baie van Makapan se
volgelinge al dood was van die honger en dors – in die grot ingegaan het om
die oorlewendes met ‘n slenterslag te probeer oorreed om oor te gee. Omdat
dit so donker was en hy hulle taal so goed kon praat het hulle aanvanklik
nie agtergekom dat hy een van hulle vyande was nie. Hy het toe aan hulle
voorgestel dat hulle moet oorgee omdat die blankes nie meer die grot se
ingang bewaak nie. Hulle het egter op ‘n stadium agtergekom dat hy een van
die vyand was en toe uit die grot gevlug. Paul Kruger het later jare oor die
insident gesê dat hy “nie in die spelonk gekruip’t om ‘n kordaatsruk uit te
haal nie, maar alleen omdat ek ‘t nie oor my hart kon kry om die arme
skepsels daar so verskriklik te laat ly en deur ‘n gestadigde dood laat
omkom nie. – Maar ek het byna klop gekry van my kommandant-generaal, daar hy
gemeen ‘t dat ek my lewe nodeloos en te veel gewaag’t.”
6. “Do you observe the custom of our forefathers by holding morning and evening services?”
Na die Jameson-inval is aan elke burger ‘n geweer en 30 patrone uitgereik.
Van die boere het van die koeëls gebruik om te jag en moes vir die koeëls
betaal. ‘n Sekere kommandant het sy ontevredenheid met die toedrag van sake
teenoor Paul Kruger gaan uitspreek: Hy was nie tevrede met die president se
antwoord nie en dreig toe om te bedank. Paul Kruger het dadelik sy bedanking
aanvaar waarna die Kommandant toe begin terugrabbel. Landdros G.G. Munnik
wat teenwoordig was, vertel verder: “..the President would here nothing, and
admonished him severely, winding up by asking, ‘Do you observe the custom of
our forefathers by holding morning and evening services?’ ‘Yes, certainly,
President,’ replied the Commandant, now in a very piano tone. The President
pulled the big Bible towards him, and turning over some leaves, said, ‘Well,
the next time you exhort the family and servants, take for your text this
verse which I will now read to you, and you will see how necessary it is for
you as a high official to study the wishes of those in authority over you.’
“[5]
7. “.he had singular power of persuasion and argument.”
Alhoewel hy nie bang was om te veg indien die situasie dit vereis nie – daar
is dikwels na hom verwys as die “bravest of the brave” -, was Paul Kruger ‘n
man vir vrede. Hy het talle kere daarin geslaag om strydende partye te
versoen. Johannes Meintjies maak o.a. die volgende opmerkings in die
verband: “Paul Kruger’s service for land and people can be dated from 2 June
1857 with the signing of the treaty between the Transvaal and Orange Free
State. His name had already become a familiar one in the interior, and the
stories about his skills, strength and fearlessness had begun. Nobody
questioned his abilities as a warrior, but now it was noted that he also
remained loyal even in opposition, that he had singular power of persuasion
and argument, and that he had the ability to lead men and command their
respect. In all kinds of tricky situations and emergencies, as in the case
of President Pretorius, reliance was put on Paul Kruger to find a solution.
Whether one liked him or not, there was comfort in having him nearby.”[6]
8. “I can’t take away other people’s property”
Paul Kruger en Rhodes het per geleentheid ontmoet. Johannes Meintjies sê die
volgende oor die ontmoeting: “Dr Schowalter gives an anecdote of Rhodes
calling on Kruger in Pretoria on his way from Cape Town to Beira. ‘We must
work together,’ Rhodes said. ‘I know the Republic wants a seaport; you must
have Delagoa Bay.’ Kruger was amazed. ‘How can we work together there? The
harbour belongs to the Portuguese, and they wo’nt hand it over.’ Rhodes
smiled. ‘Then we must simply take it.’ Kruger was horrified. ‘I can’t take
away other people’s property. If the Portuguese won’t sell the harbour, I
would’nt take it even if you gave it to me; for ill-gotten goods are
accursed.’[7]
9. “May God have mercy on his soul”
Ook die volgende aanhaling kom uit Johannes Meintjies se biografie: “The
death of Queen Victoria early in 1901 affected Kruger less than that of
Rhodes in March 1902. ‘May God have mercy on his soul,’ Kruger murmured,
‘for he clung so much to wordly things…”[8]
10. The good old Christian said, ‘The Bible tells us that we must forgive
our enemies.’
Ag van Paul Kruger se kleinkinders is na hulle moeder se afsterwe in die
Krugersdorp Konsentrasiekamp na hulle ouma, Gesina Kruger, in Pretoria
geneem. Binne nege dae na hulle aankoms sterf vyf van die kinders weens
masels en wanvoeding. Binne twee weke sterf ook Gesina Kruger. Johannes
Meintjies noem dat haar dood verhaas is weens die trauma wat sy beleef het
met die afsterwe van haar kleinkinders[9].
H. Reitz, seun van oud-president FW Reitz van die OVS, haal sy pa so aan in
sy boek The Conversion of a South African Nationalist: “As to Sir Alfred
Milner I still have and shall always have the greatest contempt for the
part he played in South Africa. When, after signing the formal document in
which we relinquished our Independence, we left the hall of the house of Mr.
Hays where this deed was done and Lord Milner shook hands with all the
delegates, I evaded him. As we went out through the front door Lord
Kitchener said to each of us ‘Good friends, I hope?’ All who preceded me
answered ‘Yes’. When it came to my turn I noticed Milner standing next to
him and replied to the British Commander-in-Chief’s friendly question, ‘Yes,
Sir, with you.’ About two months later I met President Kruger in
Scheveningen and told him all about it, adding that I blamed Chamberlain and
Milner for all our woes. The good old Christian said, ‘The Bible tells us
that we must forgive our enemies.’ To which I replied, ‘Yes, President, but
it makes the condition that they must first repent.”[10]
Slotopmerking
Nie dat ek met bostaande aanhalings die indruk probeer skep dat Kruger nie
ook swak punte gehad het nie. Ek sal graag nog baie meer oor hom wil lees voordat ek my
finale opinie oor hom vorm. Ek vermoed egter dat hy nie veel swak punte gehad het nie en is wat my
betref een van die mees merkwaardige mense waarvan ek weet.
Naskrif:
Ek lees voortdurend nuwe boeke oor Paul Kruger en het bv. onlangs in L.E.
van Niekerk: Kruger se Regterhand, Biografie van
Dr. W.J.Leyds, J.L. van Schaik, 1985 die volgende gelees: “Volgens Leyds het
niemand minder nie as die “Yster-kanselier”
van Duitsland, die beroemde staatsman, Otto von Bismarck, aan Leyds vertel
dat hy na ‘n persoonlike ontmoeting met die
Transvaalse President in 1884 “Kruger aanvoelde als iets geweldigs” (ek sal
nog graag meer oor Bismarck wil lees want as
ek luister na wat my een seun vertel oor hoe hy te werk gegaan het om
Duitsland te verenig – hulle doen die geskiedenis nou op skool -
is ek nie so seker of hy ook een van my “helde” sal wees nie!!)
Bibliografie
Meintjies, J.: President Paul Kruger. Cassell & Company, 1974.
Munnik, G.G.: Memoirs of Senator The Hon. G.G. Munnik, Maskew,
Miller, n.d.
Preller, G: Oorlogsoormag en ander Sketse en Verhale,
Nasionale Pers, 1931.
Reitz, H.: The Conversion of a South African
Nationalist, Unie-Volkspers, 1946.
Retief:, M.W.: Herlewings in ons Geskiedenis, Kaapstad, 1951
My naam is Daniel Jacobs. Ek het in 1984 ’n B.A. Hons. in Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en in 1990 Die Nasionale Diploma in Argiefwetenskap aan die RSA Technikon.
Ek het 3 jaar lank as argivaris in die NGK Argief in Kaapstad en ’n verdere 3 jaar in die Staatsargief in Kaapstad gewerk, waar ek o.a. verantwoordelik was vir die gee van navorsingsleiding aan navorsers.
Ek het sedert 1987 reeds vir honderde mense genealogiese en kultuurhistoriese navorsing gedoen. Ek het ook in September 2003 ’n omvattende boek oor die geskiedenis van die Vosloo-familie vir mnr. Ton Vosloo, voorsitter van Naspers, voltooi.
Ek gaan op die Blog:
a. inspirerende Stories uit ons geskiedenis deurgee
b. probeer om Woensdae inligting deur te gee oor ten minste een interessante gebeurtenis in Suid-Afrika se geskiedenis en
c.gesels oor Genealogiese Navorsing
Die aspek van Genealogiese Navorsing (of die opstel van ‘n stamboom soos wat dit in die volksmond bekend is) wat my die meeste interesseer is die instrument wat dit bied om geskiedenis vir veral kinders en jongmense lewendig te maak. Nie dat ons almal ewe veel in Geskiedenis hoef belang te stel nie, maar ek glo dat voordat ‘n mens jouself as beskaaf kan beskou jy darem ‘n minimum belangstelling in geskiedenis moet hê!!
‘n Dame met die van Wepener het jare gelede vir my vertel dat haar laerskooldogter geen belangstelling in geskiedenis gehad het nie. Op ‘n dag vertel sy vir haar Pa dat sy van die bekende Louw Wepener (wat in ‘n geveg met Basoeto’s gesneuwel het) in die skool geleer het. Haar Pa vertel toe aan haar dat Louw Wepener een van haar voorsate was. Sedert daardie dag het sy nie net in haar voorsate se geskiedenis belanggestel nie, maar het sy ook ‘n belangstelling ontwikkel in Geskiedenis as vak.
Ek het per geleentheid vir ‘n groep kinders wat lede was van die Voortrekker Jeugbeweging gevra wat hulle belangstelling in Geskiedenis is as hulle dit op ‘n skaal van van 0 – 10 sou moes plaas. Een van die seuns het gesê dat sy belangstelling op twee lê. Ek het toe vir hulle gevra hoe groot hulle belangstelling sou wees as ek aan hulle sou kon bewys dat van hulle voorouers aan die Groot Trek deelgeneem het. Hy het toe gesê dat sy belangstelling dan na vier uit tien sou opskuif.
Ek vertel toe aan hulle dat hulle vriend, my jongste seun, die volgende verbintenisse deur sy voorouers met die Groot Trek het:
My voorname, Daniel Malan, het sy oorsprong by Daniel Johannes Malan wat in ca 1775 gebore is en ‘n neef van Piet Retief was; nog ‘n neef van dieselfde Daniel Johannes Malan is saam met Retief vermoor en nog twee neefs het by Italeni gesneuwel. Dan was Pieter Daniel Jacobs, Voortrekkerleier uit Beaufort-Wes, ‘n kleinneef van my voorouer Willem Daniel Jacobs (geb. ca 1804). Pieter Daniel Jacobs was een van die Kommandante wat onder Andries Pretorius aan die Slag van Bloedrivier deelgeneem het. Ons stam verder direk af van Michiel Adriaan Oberholster (skoonpa van Willem Daniel Jacobs) wat na die moord op Retief saam met nog 12 ander mans deur die Engelse Natal-toe gestuur is. MA Oberholster was die leier van ‘n klomp trekboere wat hulle al voor die Groot Trek in die Suid-Vrystaat bevind het.
Na ‘n uur se gesels oor hierdie stories en ek ook vir hulle breedweg vertel het hoe om genealogiese navorsing te doen, het dieselfde seun gesê dat sy belangstelling nou op ses uit tien staan. Met behulp van die Genealogie kan ‘n mens dus bewys dat Geskiedenis nie dood is nie – ons voorouers en hulle broers, ooms, neefs en niggies het deelgeneem aan belangrike en minder belangrike historiese gebeure of geleef in die tyd toe dit plaasgevind het.
Submit genealogy-related photos and get a free 12-month subscription to Ancestry24 plus 3 CD books of your choice. Create at least one album between now and 30 April, and populate it with photographs. There is also a free 6-month subscription or CD of your choice for the person who adds the second most items.
Visit our image gallery and see the wonderful photographs and documents that our members have submitted as well as images that our volunteers as well as staff members have added.
The more images you add the more chance you have of finding those lost relatives. So if you have old birth certificates, death notices or photo’s of your grandmother, please add them as soon as you have moment.
From today onwards as well all MWEB members will be given the opportunity to have UNCAPPED ADSL – this means there is no limit on how much you sue on the internet and now reason not to start scanning in and uploading all those photos.
We have added 2,624 new names from the 1833 Cape Almanac to our database. Find out who was a wigmaker, a mangler, a wagon hirer or even a pickler! A list of principal inhabitants of Cape Town. This database includes: Title, Surname, First Names or Initials, occupation and address.
Is your surname listed in this over 1400 variety of names?
Born in Norwich, Norfolk, England on 6th December 1899 and died at Shoreham-by-Sea, West Sussex, England on 23rd December 1980, Anglican bishop, was the son of Richard Reeves and his wife, Clarissa Lydamore. R. was educated at Yarmouth Gram-mar School and Sidney Sussex College, Cambridge. He was awarded the B.A. degree of the University of Cambridge in 1924 with a second in the historical and moral sciences tripos examinations. He received his M.A. in 1943 and was elected an honorary fellow of his college in 1960.
R. studied for the priesthood at the College of the Resurrection, Mirfield, and the General Theological Seminary, New York (1924-26), and was ordained deacon in 1926 and priest in the London diocese in 1927.
He was given a curacy at St Alban’s, Golders Green, London, in 1926 and in 1931 became rector of the Scottish parish of St Margaret, Leven. From 1935 to 1937 he was attached to the diocese of London for service in north and central Europe and was licensed to officiate in the diocese of Gibraltar. In the same period he was also secretary to the World Student Christian Federation in Geneva. R. was inducted as vicar of St James, Haydock, in 1937, and was rector of the parish of St Nicholas, Liverpool, from 1942 to 1949. A canon of Liverpool cathedral from 1944 to 1949, he was proctor in convocation from 1945.
He was consecrated bishop of Johannesburg in St George’s cathedral, Cape Town, on 12.6.1949 and immediately embarked upon the task of diocesan reorganization with a determination which led many to regard him as dictatorial. He instituted a missionary drive to revitalize Anglicanism on the Witwatersrand, to make religion a more positive force on the campus of the English-language university for the region, and to integrate the work of the church without regard to distinction of colour. The provision of new churches and the training of Blacks for the priesthood were important aspects of his campaign. In the controversy with government, R. and Father Trevor Huddleston closed down mission schools rather than cede them to government control. His uncompromising espousal of the cause of racial integration led to conflict with the government over the removal of Blacks from Sophiatown to Meadowlands and the abolition of the Cape Coloured vote by means of the Senate Act. He became not only a focus of liberal opinion but also of radical elements seeking the overthrow of the existing social order.
He was a leading personality in the Congress Movement, which came into being after the Kliptown Congress (June 1955), protesting against the pass and influx-control laws. When the leaders were sued for high treason in 1958, R. took the lead in forming the Defence and Aid Fund to finance their legal costs. He was chairman of the Civil Rights Committee and in 1959 founder of the Bishops’ Committee aiming to co-ordinate the actions of anti-government movements.
After the Sharpeville demonstration of 21.3.1960, when the police fired on Black anti-pass law demonstrators with fatal results, R. and jurists collected information on alleged police brutality from injured people in order to institute legal proceedings against the Minister of Justice. He also founded a fund for legal expenses and maintenance. Fearing arrest and destruction of the depositions, It. fled to Swaziland and thence to England.
He returned to South Africa on 10.9.1960 as a representative of the Church of the Province of South Africa for the Cottesloe deliberations, but was deported two days later. Despite protest from Archbishop Joost de Blank,* and considerable disapproval of the Sharpeville incident at home and abroad, the government refused to revoke its decision. He finally resigned his episcopate in March 1961.
Richard was assistant bishop of London from 1962 to 1966 and of Chichester from 1966 until his death. He was also general secretary to the Student Christian Movement until 1965 and the incumbent of St Michael’s, Lewes, from 1966 to 1972. He became president of the Anti-apartheid Movement in 1970 and in addition to works of piety, for example a compilation of prayers, entitled A quiet room (1929), published several condemnations of South African official policies. During his episcopacy he wrote the pamphlets The church in relation to the state (1953) and Justice in South Africa (1955). These were followed by Shooting at Sharpeville: the agony of South Africa (1960). He subsequently published a lecture to the Anti-slavery Society, The pass laws of slavery (1961) and South Africa today and tomorrow; a challenge to Christians (1962).
Richard gained several distinctions during his life-time. In the educational field, an honorary doctor-ate in literature was conferred on him by the University of Sussex in 1975, and an honorary doctorate in theology by the New York seminary in 1954. He was also a sub-prelate in the Venerable Order of St John of Jerusalem (1953) and a Fellow of the Ancient Monuments Society (1957).
He married Ada Margaret van Ryssen in 1931. They had two sons and two daughters. Photographs of him include those in Paton and the S.A.W.W. (both infra). M. BOUCHER
Acknowledgement: Nasou Via Afrika
Kendall Crossley (1817 – 1900) came to South Africa in 1862 with his wife Maria Hannah Crossley (maiden name Pocock) and arrived in Port Natal on the sailing ship “ The Rochester” on the 1st November 1862 with their five children: Maria Elizabeth (10 years), Charlotte Emily (8 years), William (7 years), Frank (five years) and Ernest (3 years). Henry Samuel was born on arrival in Durban.
Sydney Kendall (my great-grandfather) was born in Pietermaritzburg Natal on the 12th May 1868.
They lived for a short while in Pietermaritzburg before moving back to Durban.
The reason why Kendall Crossley decided to come to South Africa is unclear but his wife, Maria Hannah Crossley (nee Pocock) had a brother and possibly other relatives who arrived in Cape Town already in 1830 which could have influenced his decision.
Kendall Crossley was born on the 16th January 1817 and christened on 27 August 1817 at Walworth Locks Field Chapel, Southwark, Surrey, London England. He had nine siblings. The eldest was William, born on the 16th July 1804.
Kendall’s parents were John Crossley and Sarah Pittard. (John was christened in 1782, Saint Saviour’s, Southwark, Surrey, London).
John Crossley (1782) and Sarah Pittard were married on 30 October 1803 at St Giles, Camberwell, Surrey, London. I believe John’s father was William Crossley also from London.
Kendall’s daughter’s Maria Elizabeth and Charlotte Emily were both involved in the teaching profession in Natal. Their brothers William, Frank and Sydney Kendall (my great-grandfather) were attracted to the diamond fields in and around Kimberley. William and Frank ran a business together in Kimberley called Crossley Brothers and sold tobacco. Sydney Kendall had a trading store at Longlands, which was a river (alluvial) diggings just outside the town of Barkly-west.
Sydney Kendall Crossley married Laura Ellen Pearson and they had seven children: Sydney William, Laura Elizabeth, Leonard Victor, Gladys Emily, Frank Alfred, Stella Florence and Ernest Kendall.
Frank Alfred Crossley (1915 – 2005), my grandfather, grew up on the diamond diggings in Longlands. He later attended the Naval school in Simon’s Town after which he signed on with the merchant navy and sailed around the world seven times. During World War 2 he was taken prisoner at Tobruk (North Africa) and spent time first in an Italian camp and then was moved to a german P.O.W. camp in what is now Poland.
After the war he returned to Kimberley and worked as a traffic officer. He later worked for many years for the Department of Bantu Affairs and then for a bank. Frank also worked for his son in his business before finally retiring in his 70′s.